Middelmisbruik

Middelmisbruik
’n Aanduiding uit 2007 van skade wat middelmisbruik kan aanrig (gemiddelde fisieke skade en gemiddelde afhanklikheidsgevaar)[1]
’n Aanduiding uit 2007 van skade wat middelmisbruik
kan aanrig (gemiddelde fisieke skade en gemiddelde afhanklikheidsgevaar)[1]
Sinonieme Dwelmmisbruik
Dwelmmisbruiksteuring
Terrein Psigiatrie
Frekwensie 27 miljoen[2][3]
Sterftes 307 400 (2015)[4]

Middelmisbruik, ook bekend as dwelmmisbruik, is die gebruik van ’n dwelmmiddel in hoeveelhede of deur metodes wat skadelik vir die individu of ander is. Dit is ’n vorm van dwelmverwante geestesteuring. Verskillende definisies van dwelmmisbruik word in openbare gesondheids-, mediese en regskringe gebruik. In sommige gevalle kom misdaad- of antisosiale gedrag voor wanneer ’n persoon onder die invloed van ’n dwelmmiddel is, en persoonlikheidsveranderings op lang termyn kan in individue voorkom.[5]

Benewens moontlike fisieke, sosiale en sielkundige skade, kan die misbruik van dwelms ook lei tot misdaadstrawwe, hoewel dit grootliks verskil na gelang van plaaslike jurisdiksies.[6]

Dwelmmiddels wat die meeste met misbruik verbind word, sluit in: alkohol, amfetamienplaasvervangers, barbiturate, bensodiasepiene, dagga, kokaïen, hallusinogene, metakaloon, heroïen, morfien en opioïede. Die presiese oorsaak van dwelmmisbruik is nie bekend nie; die twee algemeenste teorieë is: ’n genetiese neiging wat van ander aangeleer word of ’n gewoonte wat, as verslawing ontwikkel, tot uiting kom as ’n chronies uitmergelende siekte.[7]

In 2010 het sowat 5% van mense wêreldwyd (230 miljoen) ’n onwettige middel gebruik.[2] Van hulle het 27 miljoen ’n hoërisikodwelmgebruik getoon wat gelei het tot gesondheidskade en sielkundige probleme, of sosiale probleme wat hulle aan dié gevare blootgestel het.[2][3]

In 2015 het dwelmmisbruiksteurings wêreldwyd gelei tot 307 400 sterftes, teenoor 165 000 in 1990.[4][8] Hiervan was die meeste weens alkohol (137 500), opioïde (122 100), amfetamien (12 200) en kokaïen (11 100).[4]

  1. Nutt, D.; King, L. A.; Saulsbury, W.; Blakemore, C. (2007). "Development of a rational scale to assess the harm of drugs of potential misuse". The Lancet. 369 (9566): 1047–1053. doi:10.1016/S0140-6736(07)60464-4. PMID 17382831.
  2. 2,0 2,1 2,2 "World Drug Report 2012" (PDF). UN. Besoek op 27 September 2016.
  3. 3,0 3,1 "EMCDDA | Information on the high-risk drug use (HRDU) (formerly 'problem drug use' (PDU)) key indicator". emcdda.europa.eu. Besoek op 27 September 2016.
  4. 4,0 4,1 4,2 GBD 2015 Mortality and Causes of Death, Collaborators. (8 Oktober 2016). "Global, regional, and national life expectancy, all-cause mortality, and cause-specific mortality for 249 causes of death, 1980–2015: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2015". Lancet. 388 (10053): 1459–1544. doi:10.1016/S0140-6736(16)31012-1. PMC 5388903. PMID 27733281. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)
  5. Ksir, Oakley Ray; Charles (2002). Drugs, society, and human behavior (9th uitg.). Boston [u.a.]: McGraw-Hill. ISBN 978-0-07-231963-7.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  6. (2002). Mosby's Medical, Nursing & Allied Health Dictionary. 6de uitg. Drug abuse definition, bl. 552. Nursing diagnoses, bl. 2109. ISBN 0-323-01430-5.
  7. "Addiction is a Chronic Disease". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2014. Besoek op 2 Julie 2014.
  8. GBD 2013 Mortality and Causes of Death, Collaborators (17 Desember 2014). "Global, regional, and national age-sex specific all-cause and cause-specific mortality for 240 causes of death, 1990–2013: a systematic analysis for the Global Burden of Disease Study 2013". Lancet. 385 (9963): 117–71. doi:10.1016/S0140-6736(14)61682-2. PMC 4340604. PMID 25530442. {{cite journal}}: |first1= has generic name (hulp)

Developed by StudentB